Hoekom plant ons kerk.

Om 'n nuwe kerk te plant skep die geleentheid vir mense wat nie tans in 'n kerk is nie om deel te raak van 'n kerk waar hulle tuis voel. Daar is talle mense in Bloemfontein wat swaar kry of eensaam is en ons wil graag 'n kerk wees waar almal welkom voel. Ons het 'n passie om 'n lewe-gewende kerk te plant waar mense verdiep in verhouding met mekaar en Jesus. Ons wil hê dat 'n Sondag die hoogtepunt van jou week moet wees en dat jy hier vriende maak wat saam met jou gaan lag in die goeie tye en wat jou gaan ondersteun in moeilike tye. Kom word deel van 'n groep mense wat 'n diep liefde het vir mense en God.

Ons het hulp nodig.

Ons Benodig Vrywilligers:

Indien jy graag sal wil deel word van die span wat gaan plant op Sondag 2 Februarie, gaan na die "EK WIL BETROKKE RAAK" blaai en vul die vorm in om op te teken vir een van die "info-aande".

Jy kan op die volgende maniere finansieël betrokke raak:

Indien jy op jou hart voel om 'n donasie te maak, gebruik die "Maniere om te gee". Elke bydrae help om die begin van die gemeente moontlik te maak.

As jy verkies om 'n spesifieke item aan te koop, gebruik die "Kontak Ons" blad en ons sal verdere besonderhede stuur.

Raak finansieël betrokke