Aanbidding - Restorasie - Koninkryk

AANBID IN GEES EN WAARHEID

VIND RESTORASIE VAN GEES, SIEL
EN LIGGAAM

LEEF OM DIE HOOP VAN DIE KONINKRYK VAN JESUS TE WYS

VISIE

Om ń veilige vesting te wees waar die wêreld die hoop van Jesus beleef en uit leef.

Pastoor Theo & Bernise Theron

Pastoor Theo Theron en sy vrou Bernise het beide in kerk groot geword en het 'n passie om te sien hoe kerke reg oor die land lewe-gewend is. Hulle het in hul eie lewens gesien hoe belangrik en waardevol dit is om deel te wees van 'n groep mense wat lief is vir Jesus en lief is vir mekaar. Gesonde verhoudings in die kerk gemeenskap is vir hulle 'n groot prioriteit en hulle wil graag hê dat besoekers vinnig moet gemaklik voel in die ARK familie.

 
 

Kleingroep Kultuur

Klein groepe kom bymekaar een maal 'n week om die Bybel te bestudeer en lewe met mekaar te deel. Dit is in klein groepe waar kerk lede mekaar bemoedig en ondersteun. Dit is waar geestelike verdieping plaas vind en waar verhoudings sterk groei sodat ons werklik mekaar kan help wanneer ons dit die nodigste het.

Klein groepe sal saam met die jaar se semesters begin en eindig. Nuwelinge kan dus met vrymoedigheid aan die begin van 'n nuwe semester deel word van 'n nuwe groep.