ARK Gemeente is gebore vanuit 'n begeerte om te sien dat meer mense in Bloemfontein konneksie vind in kerk. Ons wil hê dat enige iemand moet welkom voel in ons midde. ARK Gemeente wil 'n geleentheid bied vir mense om hulle roeping te ontdek en hulle gawes te gebruik om hulle drome uit te leef in 'n manier wat die Koninkryk van Jesus bou. Familie en verhouding is vir ons van kardinale belang en ons wil graag hê dat besoekers lidmate moet word en lidmate soos familie moet voel.
ARK Gemeente het 'n passie vir Bloemfontein en wil graag 'n verskil maak in die gemeenskap. Ons voel sterk dat mense nie eenvouding kerk moet bywoon nie, maar kerk moet wees. Ons moet saam werk om Bloemfontein 'n beter plek te maak en mense in nood te ondersteun.
Deur egte verhoudings mense te lei tot restorasie van gees, siel en liggaam in 'n leefstyl van aanbidding tot die opbou van die koninkryk van Jesus.
- Aanbidding
- Restourasie van mense deur hulle:
*Lief te hê.
*Te dien.
*Te eer.
*Hoop te gee.
- Koninkryk te bou deur:
*Mense te help om hulle roeping te ontdek.
*ń Omgewing te kweek waar mense hulle drome kan uitleef.